Kinderstories ![]()
![]()
![]()
![]()
Maranatha Platemaatskappy
Resensie deur Oom Treebeard
Hoe leer 'n mens kleuters en peuters (3 - 8 jaar oud) dat God meer as 'n vae begrip ver van hier is? Jy vertel stories. En as jy slim is, kry jy vir Pierre Vee van In The House om die stories te vertel - die man is mos van drama aanmekaargesit! Dan skryf jy stories met sulke woeps-in-jou-hart-kruip karaktertjies, gooi 'n lekker in-die-kop-vassteek liedjie in, en jy't 'n wenner!
Dis presies wat Brokkel en Bam-Bam Volume 1 is: Een liedjie, twee nagapies, en drie uitstekende stories. Die eerste storietjie stel kinders voor aan God as die Vader, dan leer hulle hoe om hulle hartjies vir God te gee, en in die laaste storie leer hulle stap vir stap hoe om te bid. Met ander woorde, die eerste treetjies van die Christelike lewe, aangebied sodat kleingoed dit duidelik kan verstaan.
Waarskynlik sou net Pierre Vee kon besluit om nagapies in die stories in te span, maar die konsep werk! Vra maar vir al die kleintjies wat klaar twee nuwe vriendjies het en lustig sing aan Brokkel en Bam-Bam se liedjie. Of vra hulle ouers, wat weer en weer en weer en weer saamluister!
Goeie Christelike materiaal vir die kleintjies, in Afrikaans, is nogal skaars. So, Pa, Ma, Ouma, Oupa, Oom, Tannie, almal wat kleuters en peuters in die familie het, gaan koop Brokkel en Bam-Bam, en maak 'n paar hartjies baie bly!
Hopelik is Volume 1 inderdaad net volume 1 - die begin van nog baie!

Bernice Crowder released her self-titled debut album in October 2010, but behind the big voice lies a story of pain and tears - yet also a story of hope, a testimony to the greatness of the God she serves. We'll let her tell it in her own words:
Lee Strobel: The Case for the Real Jesus
By Treebeard